Wurm Gala in die Pap

77381044BT
Basies Heidelberg Seinkorps
Diensplig Windhoek en res van SWA
Kommando Rustenburg en Witbank 13 kampe gedoen tot en met 1994 Klaargemaak as peleton sers


Onthou julle met ons inklaar by Heidelberg ,het ek genoem van die honger kpl’s.Nou ja ,hulle was nie regtig honger nie ,hulle het net geweet met die nuwe troepe kom daar altyd lekker goete van die huise af. Nou ja ,met die geharwar van inklaar verby met uniform,webbing,staaldak en geweer ontvang is ons toe na ons nuwe blyplek toe.


Dit is waar ek en soutie toe mos saam opeindig.Kpl Kallie van der Merwe,ons instrukteur het soutie saam met my geplaas sodat ek hom n bietjie touwys kon maak.Wat n helse taak was dit nie,want hy wou nie daar wees nie.


So in die eerste week kom ek mos agter dat die kos nie te sleg is in die plek nie.Ons eet uit borde met messe en vurke en lepels vir die pap.Elke dag is daar n nuwe bottle heuning op die tafel en tussen die 8 aan tafel moes dit klaar wees aan die einde van ontbyt.Ek begin wonder of hulle dink ons is baie stout en wil ons op die manier n bietjie soet maak.


Ons het n Staf sersant Dalton daar gehad wat elke oggend met ontbyt kom inspeksie doen en seker maak elke troep eet sy kossies want hy wil nie n klomp mammies op sy nek he wat kla haar ou kinnerkie kry nie genoeg kos nie.So kry ons mos weer een oggend slap pap in sulke lang panne met klaar melk en suiker op ,jy moet net inskep .die heuning het dan sommet ook in die pap geval om dit klaar te maak.Met afgryse beskou ons die pap so en daar wil net weddenskappe uitkom oor wie se wurm gaan die gala wen in die pap panne,vra staf Dalton hoekom niemand eet nie en net na die pap staar.Ons wys hom toe die peleton wurms in die pap en hy se ons moet stil bly want netnou wil almal wurms he.


My moed sak toe sommer in my boots in en verwag dat ons die pappies sal moet eet,maar heellaas ,hy stap kombuis toe en gaan haal n paar ronde kokke daar uit die kombuis en bevel hulle om vir sy troepe ordentlike kos te maak en blits vining ook want ons het opleiding om te doen.Na n heerlike ontbyt is ons toe daar weg ,en hy het die klomp kokke daardie pap laat eet ,sommer met sop opskep lepels.Na n gekots en weer geeet en weer gekots moes hulle die kombuis skoonmaak sodat daar van die vloer af geeet kon word.Staf Dalton het daardie dag ons hero geword.Sy rooi hare en motorbike snor het almal laat regop staan al moes jy nie.Die kokke het daar hulle wrede plan gemaak om ons terug te kry, maar dit is n storie vir n ander dag.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 77 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *