2de wereld Oorlog

Hier is ñ storie Oor my Oorlede Pa gedurende die 2de wereld Oorlog.

My Pa was ñ Italiaaner. MARIO DORIA. Hulle het ge boer met aartapels in Giogia Italia. Hy was besig die dag in die vèlde. Toe hy sien daar in die verte kom ñ militère voertuig aan. En hulle stop by hom. EN SÈ KLIM JY GAAN Nou weermag toe. HY SÈ TOE OK MAAR MOET EERS SY MA en PA GAAN GROET. Hulle het toe ge weier hy is toe in die Vloot en maak my pa Ñ kok op die skip FUMÈ HY HET TOE SY FAM NOOIT WEER GESIENDAAR NA. 

Hulle skip is gesink deur ñ duitser se duik boot. En hulle spring af van die skip baie soldate sterf. En my pa en paar ander ouens kry ñ stuk wat dryf op die see.en klou vas vir moeder aarde.nog baie verdrink. 

En my Pa hulle dryf vir so paar ure.op die stuk ek weet nie wat. En nog meer word gevang deur haaie. Hulle kry toe land en daar vang die Suid afrikaanse weermag hulle.en bring hulle suid afrika toe as prisoniere by ZONDER WATER. 

Nog meer soldate sterf en hulle het ñ begraf plaas gemaak vir al die italiaaners. NA Ñ PAAR JAAR LAAT HULLE Almal vry. En sè hulle kan terug huistoe.gaan. My pa het toe in Grasmere op geeindig.en my ma öntmoet. Maar hulle kon mekaar nie verstaan oor die taal ding. Hulle het toe vermekaar gereeld gesien. En later verlief geraak met mekaar. 

Het 7 kinders gehad waarvan ek die midelste is. HY HET TOT SY DOOD IN 1984 NOOIT VAN SY FAMILIE GEHOOR OF SIEN NIE.EN IN 2002 HET MY JONGSTE BROER SY FAMILIE IN DIE HANDE GEKRY.EN MY MA HET HULLE GAAN ONTMOET. Net een van sy broers was nog lewendag. En gesè hulle het gedog hy is dood.in die oorlog. Sadly is sy broer ook dood in 2011 my ma laas jaar. En ek kan hulle verhaal vertèl. Ons het fam in italia wat ons nou van weet maar nooit ontmoet nie.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 103 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *