Afrika-Beesvleis-Kerrie

Hier is ‘n resep van Lynette

6 – 8 porsies

Bestanddele

50 ml sonneblomolie
1,6 kg steak (rump), in groot skywe gesny
2 uie, fyngekap
3 knoffelhuisies, fyngekap
20 ml masala
20 ml borrie
5 ml fyn gemmer
5 ml fyn kaneel
10 ml fyn komyn
10 ml fyn koljander
5 ml brandrissie-vlokkies
sade van 4 kardemom-peule
sap van ’n halwe suurlemoen
1 blik gekapte tamaties
1 blik klappermelk
1 blik lensies, gedreineer
2 blikke kekerertjies (chick peas), gedreineer
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode.
Verhit oond tot 180°C. Verhit sonneblomolie in ’n groot, oondvaste kastrol en braai vleis tot bruin. Voeg uie, knoffel en droë speserye by en braai alles saam vir 2 minute. Roer suurlemoensap, tamaties, klappermelk, lensies en kekerertjies by. Geur met sout en swartpeper. Maak toe met deksel en sit in die oond vir sowat 2 ½ uur tot vleis sag is. Hou dop: Indien nodig, kan jy nog water byvoeg. Sit voor saam met atjar, tamatie-en-ui-salsa, gebraaide piesangs, roti’s, gekapte komkommer en basmati-rys.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 635 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *