Alles-In-Een-Klappermelktert

Nog n resep ban Lynette

1 TERT VAN 30 CM
Bereiding: 15 minute
Baktyd: 45 minute

Bestanddele
4 eiers
50 g botter
250 ml (1 k) suiker
75 g koekmeel
knippie sout
2 ml (½ t) bakpoeier
500 ml (2 k) melk
250 ml (1 k) droë klapper
5 ml (1 t) vanieljegeursel
kaneel vir oorstrooi

Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n tertbak van 30 cm.
Meng al die bestanddele. Skep in die tertbak en strooi die kaneel oor.
Bak 45 minute tot gepof en gestol.
WENK
Rooster ’n bietjie klapper op ’n bakplaat in die oond. Roer dit elke af en toe om te voorkomdat dit brand. Sprinkel dit oor die tert pleks van die kaneel.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 327 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *