Graag deel ek my BILTONG QUICHE met jou. Wanneer my huismense vasgenael voor die tv sit en rugby kyk , verdwyn ek stil stil na die kombuis. As dit halftyd is sit ek hierdie biltongtert voor…. dis verorber nog voordat die tweede helfte begin…
Dankie vir jou resep Erna Butler
Deeg:
250 ml meel
10 ml bakpoeier
5 ml suiker
Sout
50 ml botter
60 ml melk
Meng die droe bestanddele.
Vryf botter in die meelmengsel tot krummels en maak aan met melk tot n sagte deeg. Druk deeg uit in 22cm quiche tertbak.
VULSEL
200 g gerasperde cheddar kaas (hou
bietjie eenkant vir bo-oor)
250 g DUN gekerfde biltong (hou
bietjie terug vir versiering)
2 ringe feta kaas gekrummel
Swartpeper
VLAMENGSEL
Klits saam 4 eiers
400 ml room
Gooi bo-oor die tert en bak 30 minute by 180 gr
(Visited 10,506 times, 1 visits today)
Advertisements
Ek het gisteraand die biltong quiche gemaak… lipleklekker! Dankie vir die lekker resep!