BLITSIGE KERRIEKOS

Bestanddele
6 Snye brood 
Bietjie olie 
1 Groot ui, gekap 
250 g (1 pakkie) spek 
1 Rooi soetrissie, in blokkies gesny 
300 g (1 blikkie) soutvleis, fyn gemaak 
5 ml (1 t) borrie 
30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap 
45 ml (3 e) blatjang 
4 eiers, geskei 
125 ml (½ k) melk 
250 ml (1 k) cheddar, gerasper 

Metode
Stel oond op 180°C. Verhit olie in pan en sorteer ui tot sag en deurskynend. Voeg spek by en roerbraai tot gaar. Voeg soetrissie by en roerbraai verder. Verwyder pan van hitte en roer soutvleis, kerrie, borrie, pietersielie en blatjang by. Plaas ‘n laag gesnyde brood in gesmeerde oondbak en skep soutvleis bo-op. Maak bokant gelyk. Klits melk en eiers en giet oor gereg. Sprinkel gerasperde kaas bo-oor. Bak 30 min of tot kaas bo-op goudbruin is. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 587 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *