Blitsige Maalvleis-en-bone Kerrie

(Hierdie resep is ‘n staatmaker wanneer  die finansies soms min is en die gebakte bone redelik  goedkoop is. 

Bestanddele
1 ui, gekap 
250 – 500 g beesmaalvleis 
1 blik gebakte bone in tamatiesous 
kerrie na smaak 
sout en peper na smaak 
olie 

Metode
Soteer die ui in die olie tot sag. Voeg die kerriepoeier by en braai vinnig. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Voeg bone en smaakmiddels by en bring tot kookpunt. Bedien saam met rys en mengelslaai en jou gunsteling ‘chutney’ (blatjang). 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 332 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *