Deur die eeue

Soos die tye gevorder het, so het ons eetgewoontes ook verander. Danksy die Bybel is daar redelik aan ons bekend oor wat die mense in die antieke tye geeet het.  Die Apostel Johannes het redelik lank in die woestyn oorleef deur sprinkane en heuning te eet. Daar is ander geskrifte ook bewaar, waarin genoem word dat die slawe wat die piramide van Gizeh gebou het, sowat 4 000 voor Christus, van uie, radyse en knoffel geleef het. Dit is seker hoekom hulle nou nog, as hulle piramides oopmaak, versigtig moet wees vir die gasse.

Vroë rekords toon ook aan dat granate en olywe ook bestaan het. Granate se skil is gebruik om wol te kleur. Die pitte (vrug) was in daardie tye gesien as ‘n simbool van vrugbaarheid. Sowat 3 000 tot 1 000 voor Christus word daar beweer dat die Romeine die fermentasie proses uitgevind wat hulle aangewend om bier en wyn te maak. Volgens die Bybel was die eerste persoon om wyn te maak Noag gewees. Die Egiptenare het weer die fermentasie proses gebruik om brood mee te bak. Dit het meegebring dat die mense se dieet meer graan georinteerd geword het. Die nomade van daardie tyd het hulle vleis gepreseveer deur die vleis te sout en droog te maak. (En ons het gedink ons het Biltong uitgevind).

In die middeleeue het die mense gewoonlik drie geregte geeet.  Die eerste gereg wat gewoonlik bedien was, was sop gewees. Daar is ook groente en vrugte bedien. In die eerste gereg is daar redelik kruie en speserye gebruik. Dit was om, so is geglo,  die spysverteringsstel aan te help. Na die eerste gereg het die vleis sy verskyning gemaak saam met neute. Vir nagereg is allerhande soetighede bedien. In hierdie tydperke het pasta ook sy verskyning gemaak. So terloops  pasta is die Italiaanse woord vir deeg.

Wanneer ons terugkyk na al die periodes in die geskiedenis en dan kyk wat die mense in daardie periode geeet het, is die Renisaanse periode seker die mees opwindendste tydperk in die geskiedenis van kos gewees. Dit is in die tydperk dat al kleure geure en smake van die nuwe wêreld Europa getref het.  Die ontdekkings reisegers het meel, aartappels, sjokolade, vanilla en verskeie ander nuwe smake aan die mense bekend gestel. 

In die Elisabetaanse era (Elizabethan era) Het die mense net twee maaltye ge-eet. So 12 uur en dan weer so ses uur die aand. Wat die tydperk so besonders maak is dat die mense van soet kos gehou het en dit is die rede hoekom hulle vrugte saam met die vleis gaargemaak het, om die vleis soet te kry. Suiker in die tyd was baie duur en skaars gewees.

Die Baroque era het die Engelse weer hande uitgeruk. Hulle het begin on 4 etes per dag te eet wat hoofsaaklik uit brood, vleispasteitjies, vars vrugte, lekkers en nageregte bestaan het. Dit is ook in die era waar die Engelse begin leer het om met vurke te eet. Die vurk kom oorspronlik van Italie af. Voor die koms van vurke het die Engelse lepels, messe en hulle hande gebruik om mee te eet. 

Nooit het ek geweet daar is so baie era’s nie. Daar was nog ‘n Gregorian era ook gewees. Voor die Gregorian era het die mense mneestal hulle kos gaargemaak op oop vure of spesiale kookareas. Maar met die koms van die Gregoria era, het toe oonde ook hulle verskyning gemaak. 

Met die Regency era is die maak van kos oorgelaat aan die huishulpe, want die mense van daardie tyd het gedink dit is ietwat barbaars om kos te staan en maak. In hierdie tyd is ook een van die groot mis konsepsies van die tyd opgeklaar. Aangesien die tamatie so mooi rooi was het die mense gedink dat die tamatie giftig is. Kolonel Johnston het in ‘n hof opgestaan en ‘n tamatie geëet sonder om dood te gaan. 

Met die ryk erfenis van kos wat ons ge-erf het, sit ek en wonder wat gaan ons kleinkinders eendag oor ons kos erfenis skryf. Dit is belangrik dat ons aan ons kinders en kleinkinders ook iets moet agterlaat. Dit is vir my ‘n belewenis om deur ‘n ou handgeskrewe resepte boek te blaai. Dit bring soveel mooi en pragtige herinneringe by my op. Ek sal sorg dat my kleinkinders eendag nie met ‘n ou gedrukte MacDonalds spyskaart voor hulle sit nie. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 279 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *