Die Dag Daarna

Daar is seker baie min mense wat op moeder aarde loop wat nie een of ander tyd in hulle lewe een oggend wakker geword het en gevra het “Watter trein het my getrap”. Dit is wanneer jy wakker word met daardie onbeheerbare kloppende hoofpyn, wat erger word met elke geluid wat jy hoor. Wanneer jy  so snaakse nasmaak in jou mond proe en jou maag wat omgekrap is, dan weet jy, jy het ‘n meneer van ‘n babbelas. 

Daar is natuurlik baie teoriee oor wat die oorsaak van ‘n babbelas is, maar die geharde manne wat weet sê natuurlik vir my dat dit die Coke wat in die dop is wat die babbelas veroorsaak. Dit is ook heerlik om te kyk na mense wat te veel “coke” gedrink het om te sien wat hulle aanvang. Vandag wil ek nie oor die oorsake of die gevolge van veel drink praat nie, want ons almal besef wat die gevare daaraan verbonde is maar vandag wil ek kyk wat veroorsaak die babbelas en hoe dit vermy kan word.

Ek het al die uitdrukking gehoor “Die drankie het teen my hakskene vasgeslaan en is nou reguit na my kop toe.” Dit gebeur natuurlik wanneer jy iets drink op ‘n leë maag. Die alkohol word binne minute in jou bloedstroom opgeneem. Wanneer jy dus weet dat jy ‘n drankie of twee gaan geniet, eet iets vetterigs soos bv sardientjies, kaas of vleis. Wat dan gebeur is dat die alkohol eers die vet moet afbreek voordat dit in die bloedstroom kan inkom. Alles word dan ook nie gelyk in die bloedstroom opgeneem nie. 

Alkohol is mos geneig om jou redelik gereeld te laat gaan water afslaan. Dit veroorsaak een of ander onuitspreekbare reaksie in jou liggam. Die volgende oggend sit die brein uit om die gaping te vul wat die water wat uit die liggaam is agter gelaat het. 

Die liggaam het natuurlikke meganisme teeen alkohol wat kan help om die inname van alkohol te beperk. Wanner mens ‘n skoon brandewyn drink, kry jy daardie brandgevoel in jou keel. Wanner jy agslaan op die brandgevoel sal jy natuurlik ophou drink. Maar nou het ons mense maar ons eie idees. Om die probleem van die brandende keel te oorkom gooi ons coke of vrugtesap of enige ander koeldrank by die drankie. Wanneer ons dit doen dan omseil ons hierdie belangrikke meganisme.

Om te voorkom dat daardie babbelas jou die volgende oggend tref moet jy net die volgende in gedagte hou :

Eet iets voordat jy begin drink.
Drink een drankie per uur.
Drink baie water tussen drankies.
Probeer om jou drankies nie te meng nie. Hier kom koeldrank ook ter sprake. Gas koeldrank het ‘n geneigheid dat wanneer dit saam met alkohol gedrink word, jou maag om te krap.
Probeer eerder om droë wyne te drink.
Hou by dieselfde tipe drankie.
Bestel en drink rock shandy’s. Dit lyk eksoties maar die paar druppels alkohol wat daarin is kan jou geen skade aanrig nie. En die beste van alles is jy kan heerlik heelaand daarop kuier sonder dat iemand agterkom dat jy eintelik niks drink nie.

Elke mens het maar sy eie geneesmiddel teen die babbelas maar tyd is die enigste geneesmiddel wat ‘n babbelas laat verdwyn. Van die kure wat gedrink word is natuurlik ‘n Bloody mary. Party mense drink Lemon Twist en alle ander snaakse konkoksies. Een wat ek nie uitgetoets het nie maar wat blykbbar werk is Yogurt. Drink ‘n glas yogurt die aand net voor jy gaan slaap en dit sal verhoed dat jy met die hoofpyn sal opstaan. Maar die beste geneesmiddel teen babbelas is bly weg van die drankies af of andersins hou matigheid voor oë.   






Print Friendly, PDF & Email
(Visited 66 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *