Geroosterde Lamsnek Met Hoemoessous

‘n Resep van Lynette

Genoeg vir 4

Bestanddele
4 ansjovisfilette
15 ml (1 e) gekapte knoffel
80 ml (1⁄3 k) botter
klein handjie vol tiemieblare
1 ontbeende lamsnekrol
1 x 400 g-blik kekerertjies, gedreineer
80 ml (1⁄3 k) Bulgaarse jogurt
Gerasperde skil en -sap van 1 suurlemoen
5 ml (1 t) gekapte knoffel
8 ml (½ e) geroosterde komynsaad
15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie
’n hand vol koljanderblare

Metode
Verhit die oond tot 200 °C.
1. Verwerk die ansjovisfilette, knoffel, botter en tiemieblare saam. Bind die ontbeende lamsnekrol met kombuistou op en vryf die helfte van die bottermengsel oor.
2. Braai die lamsnekrol vir 2 min. aan elke kant in ’n verhitte riffelpan oor hoë hitte. Geur na smaak. Sit die rol op ’n bakplaat
en smeer die res van die bottermengsel oor. Bak vir 30-40 min. of tot gaar na smaak. Draai die rol een keer gedurende die bak-tyd om.
3. HOEMOESSOUS:                       Verwerk die kekerertjies, Bulgaarse jogurt, suurlemoenskil en -sap, knoffel, 8 ml komynsaad, olyf- of avokado-olie en koljanderblare tot glad in ’n voedselverwerker. Geur na smaak.
4. Sny die lamsnekrol in skywe en sit met die hoemoessous, kruisementkoes-koes en roketblare voor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 148 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *