GRIEKSE KLAPPER TERT.

Ongelukkig weet ek nie waar die resep vandaan kom nie. As dit jou resep is, stuur vir my ‘n epos en ek gee jou krediet.

 Bestanddele
125 ml margarine                   
1 koppie suiker
3 eiers                                     
2 koppies klapper
1 koppie koekmeel                
3 teelepels bakpoeier
Knippie sout                           
1 koppie lou warm melk

Metode 
Room eiers, botter, suiker saam en meng meel en klapper om die beurt met melk tot ‘n deeg. Gooi in tertbak en bak teen 180 grade vir 35 minute. Wanneer uit oond kom gooi die volgende stroop oor:
Kook een en kwart koppie suiker , een en ‘n kwart koppie water en 1 teelepel vanielje geursel saam.
Bedien saam met styfgeklitste room indien verkies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,347 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *