Hoender-En-Chorizo-Pilaf

‘n Resep van Lynette

Genoeg vir 8-10

Die chorizo gee ’n lekker, rokerige smaak aan die pilaf. Die meeste deli’s en supermarkte het chorizo-worsies in voorraad. Maak dit in ’n groot braaipan oor die kole gaar vir ’n lekker somerkuier.

Pilaf
30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie
2 uie, gekap
4 knoffelhuisies, gekneus
sout en gemaalde swartpeper
750 ml (3 k) basmatirys
310 ml (1¼ k) witwyn
1 liter (4 k) hoenderaftreksel
3 lourierblare
30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie
225 g (sowat 30 cm-stuk) chorizo-wors, oorlangs gesny
30 ml (2 e) botter
16 klein, ontbeende hoenderdytjies sonder die vel
20 ml (1 e + 1 t) fyn paprika
10 ml (2 t) rooipeper
2 x 400 g-blikke heel, geskilde tamaties, gekap in die sap
16 garnale, skoongemaak en doppe verwyder (behalwe stert)
2 geroosterde soetrissies, pitte verwyder, geskil en in repe gesny
hand vol pietersielie, gekap
2 lemmetjies, in wiggies gesny
Metode
1. Pilaf: Verhit die olie oor matige hitte en soteer die uie en knoffel daarin tot sag en deurskynend. Geur na smaak.
2. Roer die rys by tot dit met die olie bedek is. Gooi die wyn by en prut vinnig tot amper al die wyn weggekook is.
3. Gooi die aftreksel en lourierblare by en bring tot kookpunt. Bedek en verlaag die hitte tot baie laag. Laat stoom vir 10 min. Roer deur, bedek en haal van die hitte af. Laat stoom vir nog 10 min. tot gaar en al die vloeistof geabsorbeer is. Geur na smaak.
4. Verhit die olie in ’n groot pan (’n paella-pan is die beste) en braai die chorizo vir 4 min. daarin tot goudbruin. Haal uit die pan en hou eenkant.
5. Smelt die botter in dieselfde pan en braai die hoender vir 8 min. tot goudbruin en gaar. Geur na smaak. Voeg die chorizo, paprika en rooipeper by.
6. Voeg die tamaties by en bring tot kookpunt. Voeg die garnale by en prut vir 5 min tot die garnale pienk en gaar is. Meng die rys en soetrissies by.
7. Strooi die pietersielie oor en sit voor met die lemmetjiewiggies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 127 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *