Hoofstuk 6 (Bredies) ~ Kerrievleis

Was en sny die vleis in mooi stukkies en smoor dit met uie tot dit mooi bruin is. Voeg daarby sout, ‘n lepel kerriepoeier (met melk of water aangemaak)’ ‘n koppievol getrekte tamaryn (Woordeboek) water en ‘n rissie. Maak dit goed toe en stoof dit stadig tot dit gaar is.. Maak nou ‘n teelepel maizena of meelblom aan met melk of water en roer dit in die sous. Laat dit een keer opkook.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 170 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *