Hoofstuk 6 (Bredies) ~ Vleis en Brood Frikkadel

Sny 3lb (1.5 kg) vleis in dun stukkies so groot soos ‘n hand. Kneus dit met ‘n houthamer en was dit af. Neem nou ‘n 1/2 lb (250 g) spek of fyngekapte niervet, 2lb (1kg) broodkrummels, ‘n ui, ‘n groot handvol pietersielie en 25 fyngekapte amandels. Maak dit met ‘n paar eiers, sout en peper aan en vorm frikadelle. Sit nou een op elke stukkie vleis en bind dit goed toe met sterk gare. Gooi ‘n bottel water daarby in ‘n kastrol en laat dit stadig stowe tot dit gaar is. Bedien sous daarby.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 111 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *