Gedurend 1988, met die hele 61 besig met Hooper en Packer, het ek op Omuthiya agter gebly. Die ingeboude teenstelling in die rede vir oorlog het my opgeval. Is die mens tot oorlog geneig, daarom is daar nooit vrede nie, of is die mens tot vrede geneig, en daarom moet hy oorlog maak om oorlewing te bewerk.
IN MAGSPEL OMGEWOEL
Die mens tot oorlog geneig
Vasgevang in oorlog sug
Maak van ons bestaan ʼn klug
Wat ons denke kras bedreig
Hartseer ook in die oorwining
Ervaar as diepe ondervinding
Verby die eensydigheid kyk
Beide oponente met mekaar vergelyk
Dan is die geneigdheids teorie onwaar
Gekoppel aan die element van gevaar
Beskou ons dan die proposisie
As ʼn kontradiksie in die konklusie
Dan kan ons die geneigdheid om vrede
Koppel om dieselfde rede
Waar dit oor oorlewing gaan
En vernaam ons voortbestaan
Die mens is geneig tot vrede
Oorlog dan die beweeg rede
Beide om dieselfde doel
In ʼn magspel omgewoel
IN MAGSPEL OMGEWOEL
(Visited 90 times, 1 visits today)
Advertisements