Indiese Mossels Met Raita

‘n Resep van Lynette

Genoeg vir 4

Bestanddele
1 ui, ruweg gekap
1 prei, ruweg gekap
1 groot wortel, ruweg gekap
1 selderystingel ruweg gekap
15 ml (1 e) gekapte knoffel
15 ml (1 e) verhitte olyf- of avokado-olie
1 kg skoongemaakte mossels
125 ml (½ k) witwyn
1 x 410 g-blik Indiese gegeurde tamaties
‘n hand vol gekapte koljanderblare
Vir die Raita:
1 komkommer
250 ml (1 k) Bulgaarse jogurt
5 ml (1 t) gekapte knoffel
’n hand vol koljanderblare

Metode
1. Verhit die olie in ’n groot kastrol oor matige hitte Braai die ui, prei, groot wortel en selderystingel saam met die knoffel in tot goudbruin. Geur na smaak.
2. Voeg die mossels en witwyn by. Bedek die kastrol en laat die mossels stoom tot almal oopgegaan het. (Gooi die mossels wat nie oopgegaan het nie weg).
3. Meng die Indiese gegeurde tamaties deur en laat deurwarm word. Meng die koljanderblare by. Geur na smaak.
4. RAITA: Sny die komkommer in die lengte middeldeur, skraap die pitjies uit en rasper. Druk die water uit en meng die Bulgaarse jogurt, knoffel en koljanderblare by. Geur na smaak.
5. Sit die mossels met die raita en krakerige brood voor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 103 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *