Alles wat in hierdie artikel is kom uit die boek getiteld The Culture and Cuisine of the Cape Malays deur Cass Abraham’s. Dit is nie net ‘n kookboek nie, maar ‘n boek wat hulle kultuur ook vir ons beskryf.
Anders as ons westerlinge beskou hulle dit nie as ongeskik as mense dit doen nie. Volgens hulle tradisie behoort die kos nie aan die gasheer nie maar aan die gaste. Hulle sê dit nie maar ek dink hulle sal dit as ‘n kompliment sien wanneer ‘n gas van hulle kos huistoe neem.
Hier volg ‘n paar wenke uit die boek oor hoe om die perfekte bredie to kook.
· Die beste vleis om te gebruik is lam ribbetjies wat in 2 cm stukke gesny is.
· Verbruin die vleis saam met die uie en speserye voordat groente bygevoeg word.
· Groente moet altyd gekap of gesny word en rou bygevoeg word.
· Moet nie die vleis kook in water of vleissous nie want dit maak die vleis taai.
· Hou die temperatuur konstant, medium hitte, sodat die bredie vir ‘n paar uur kan staan en kook.
· Moet nie vloeistof bygooi nie, want die sous van die groente is genoegsaam.
· Bedien bredies saam met rys. (EK ken ‘n paar mense wat nie sal skroom om bredie en pap saam te eet nie).
· Nog iets wat ek gesien het in hulle bredie resepte is dat hulle die uie, peper korrels en knoffel eers kook in sowat 250 ml water. Die mengsel moet kook totdat al die water opgekook is en dan word olie bygevoeg en dit gebraai.
Bredies word almal op dieselfde basiese manier gemaak. Dit is egter die verskillende speserye wat die smaak verander. Bredies moet ook liefs eers ‘n dag nadat hulle gemaak is bedien word. So kan die smake dan goed met mekaar trou. Bredies wat op ‘n oop vuur gemaak word smaak nog die beste. Dit noem ons Potjiekos.
Advertisements