KAAPSE KERRIE

Bestanddele
2 uie, in ringe gesny 
15ml vars gemmerwortel, gerasper 
1 heel kaneelstok 
6 kardomonsade,gekneus(opsioneel) 
1kg stoweskaapvleis, in blokkies gesny 
15ml matige kerriepoeier 
15ml borrie 
2ml neutmuskaat 
1ml rooipeper 
20ml suiker 
4 knoffelhuisies, fyngedruk 
1 groen soetrissie, in repe gesny 
1 lourierblaar 
olie om in te braai 
sout en varsgemaalde peper 
15ml fyn komynsaad(jeera) 
5ml fyn koljander 
5ml gemengde kruie 
410g heel, tamaties,fyn gekap 
sap van halwe suurlemoen 

Metode
Soteer die ui, knoffel, gemmerwortel en soetrissie saam met die heel speserye in ‘n klein bietjie olie in ‘n groot kastrol tot sag. Geur die vleisblokkies na smaak met sout en peper en braai bietjie vir bietjie tot bruin. Voeg die res van die geurmiddels buiten die suiker by en roerbraai nog vir sowat een minuut. Voeg die tamaties by. Verlaag die hitte en prut en prut tot die vleis sag en gaar en die sous lekker dik is. (Gooi nog ‘n bietjie water of hoenderaftreksel by indien die kerrie droogkook.) Geur met suiker en suurlemoensap 
asook nog sout en peper indien nodig. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,538 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *