KERRIE BOTTERPAMPOENSOP

Bestanddele
1 kg botterpampoen, geskil en in blokkies gesny 1 liter hoenderaftreksel 
30g botter 
1 fyngekapte groot ui 
2 koppies opgesnyde knopiesampioene 
1 eetlepel matige tot medium kerriepoeier 
20ml koekmeelblom 
2 teelepels sagte bruinsuiker 
Knippie borrie 
1 maat brandewyn 
150g natuurlike joghurt 

Metode
Stowe botterpampoen in hoenderaftreksel tot gaar. Smelt botter in ‘n pan en braai die uie en sampioen daarin to sag. Voeg meel & kerriepoeier by die ui-mengsel & roer oor lae hitte vir ongeveer 4 minute. Voeg die ui-mengsel by die botterpampoen & bring sagkens tot kook. Pur├łe as jy ‘n gladde sop wil he. Voeg sout, swartpeper & bruinsuiker by. Roer die joghurt en brandwyn by, maar moenie laat kook nie. Bedien warm. (Genoeg vir 4 – 6) 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 109 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *