Kotelet-Boud

Bestanddele: 
1 Skaapbout
n Paar snye Witbrood
Melk om brood in te week 1 glasie goeie Wyn

Metode:
1 eetlepel fyngekapte Pietersielie
2 blaartjies Foelie goed fyngemaak 
Bietjie fyn Neut, en Naeltjies 
Sout en Peper na smaak 

Week die brood in die melk, haal uit en maak goed fyn, voeg nou al die bestanddele daarby, behalwe die wyn. Neem nou die boud en sny diep snye tot op die been, maar moet nie die snye uitsny nie. Stop nou die aangemaakte vulsel tussen die snye in en naai die snye aanmekaar. Vrywe boud nou goed oor met sout en peper, gooi nou n glas wyn oor, laat wyn goed intrek in die vleis. Maak boud nou in n bakpot op die stoof of in n bakpan in die oond gaar. Bedien n dik vleissous by. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 109 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *