Lewer en perske-broodjie

250 g ontbytspek 
1 ui, gekap 
20 g botter 
250 g hoenderlewers 
250 g gemaalde beesvleis 
sout en peper na smaak 
410 g perskeskywe, gedreineer 
50 g vars broodkrummels 
20 ml fyn gekapte pietersielie 
1 eier, geklits 
4 ontbeende hoenderborshelftes 

Voorverhit die oond tot 180º C en smeer n broodpannetjie en voer dit uit met die spekvleis, hou die wat oorbly. Braai die ui in die botter tot sag en laat afkoel. Meng die hoenderlewers en oorblywende spek met die ui en maal dit saam in n voedselverwerker. Voeg die maalvleis by en geur met die sout en peper. Kap die perskeskywe in stukkies en voeg dit by die maalvleismengsel. Voeg ook die broodkrummels, pietersielie en eier by. Meng alles saam met n groot vurk. Skep die helfte van die vleismengsel in die bereide pan. Sny die hoendervleis in stukkies en plaas dit bo-oor die vleismengsel. Skep die oorblywende vleismengsel bo-op. 
Bak die broodjie 1 uur lank of tot gaar. Laat afkoel en plaas liefs n rukkie in die vrieskas voor dit gesny word. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 202 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *