Luk 21:25 Tema: Benoudheid 5

Vrydag 5 September 2014 Tema: Benoudheid 5
****My eie woorde
****Vandag se woorde herinner my aan die liedjie se woorde wat
sê: “ My Pa is die Koning van die heelal jy weet…”
Dis groot woorde. Maak nie saak wat gebeur of wat oor my en jou
kom nie ek en jy het daardie seker wete my Hemelse Koning Pa is
die Koning van die heelal …..
Luk 21:25
En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en
op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid,
wanneer see en branders dreun,
Joh. 16:33  Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In
die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het
die wêreld oorwin.
Rom 8:35
Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking
of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of
swaard?  36  Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag
gedood, ons is gereken as slagskape.  37  Maar in al hierdie dinge
is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.  38 
Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede
of magte of teenwoordige of toekomende dinge
 39  of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van
die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 5;6 & 7 September 2014
Veels geluk met jou verjaarsdag! Mag dit ‘’n wonderlike dag vol
genade wees
Celia Fondse 5 Sept.
Helen Maggott 6 Sept.
Elvida de Wee 6 Sept.
Gene Luttig 7 Sept
Marietjie Delport 7Sept.
Samantha Binneman 7 Sept.
Jy kan ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:

Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadresmet “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.

DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKSontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
gebruik net die epos adres:
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.

 

Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 65 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *