Lukas 9:23

Maandag 22 September 2014 Tema:  Volg Hom…1
****My eie woorde
*** Vanoggend se gedeelte het ek en jy sovele kere al gelees. Tog
wil ek hê ons moet weer in diepte daarna kyk vanoggend.
Lukas 9:23  En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom,
moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.
*** Jesus sê: As ek en jy Hom wil volg …
Dus, ons het ‘n vrye keuse, ons kan kies of ons Hom wil volg of nie ,
maar wanneer ons kies om Hom te volg moet ons die volgende
doen:
-Onsself verloën
-Ons kruis ELKE dag opneem en iets doen …
-Hom volg
Wat is daar wat jy vandag moet prysgee ten koste van self , iets wat
jy WIL maar waar jy ander eerste moet stel.
Wat is die KRUIS wat Jesus jou gegee het om vandag te dra,
daardie kruis wat jy vir Hom moet dra. Dis seer, dis swaar, dis
moeilik… maar Hy vra …”my kind dra dit vir My”
Sê my,  volg ek en jy Hom nog ? As ek en jy Hom volg …. Hoe
beeld ons  Sy karakter aan ander uit. Want ek en jy is Sy foto aan
die wêreld waarin ons beweeg. Sien ander Jesus in ons, en ons in
Jesus , of is die “ek” so groot dat Jesus gemis word. Dan wanneer
Jesus die “ek” kleiner wil maak sit ons op ‘n hopie van
selfbejammering.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 22 September 2014
Veels geluk met jou verjaarsdag! Mag dit ‘’n wonderlike dag vol
genade wees
Marietta Botha 22 Sept.
Riana du Preez 22 Sept.
Eddie Dodds 22 Sept
Marisa du Plessis 22 Sept
Carlos Dorian Rooinasie 22 Sept. {Namibia}
Jy kan ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:


Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadresmet “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.


DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKSontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
gebruik net die epos adres:
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.


Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 84 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *