Om posetief te wees

Almal van ons het seker een of ander tyd in ons lewens kwaad geword vir ‘n taxi wat voor ons indraai of sommer net skielik stop, of wanneer ‘n kar oor ‘n sperstreep ry en dan voor jou inswaai wanneer daar ‘n voertuig van vooraf kom.

Wat is jou reaksie hierop? ‘n Paar woorde wat glad nie in die Bybel voorkom nie? ‘n Middelvinger wat vinnig opskiet? 

Wat gebeur die volgende dag? Daar sal weer ‘n kar voor jou inry of ‘n taxi sal weer voor jou stop. Ander kere sal dit twee of drie maal gebeur. Negatiewe optredes voed negatiewe optredes. Hoe meer jy negatief optree hoe meer negatiewe voorvalle gaan daar in jou lewe voorkom.

Hoe breek mens die ketting?

Wanneer daar ‘n negatiewe voorval is, ek gebruik die taxi voorbeeld, bid die volgende “Here seën die bestuurde van daardie voertuig, behoed en bewaar hom en sy passasiers en bring hulle veilig by hulle bestemming aan. Amen.”

Wanneer jy die gebed, of ‘n soortgelyke gebed bid swaai jy die negatiewe situasie om na ‘n posetiewe situasie toe. Onmiddelik word jy kalm en jy is rustig. 

Hoe meer jy daardie gebed bid, hoe kalmer en rustiger word dit. Waar daar byvoorbeeld drie gevalle per dag is neem dit drasties af. In my geval het ek tot drie weke gery sonder ‘n voorval. 

Vanoggend was daar weer twee voertuie gewees wat onverskillig was, en ek het vir hulle gebid. Daar is geen woede binne in my nie, ek is rustig en kalm. 

Wanneer jy negatiewe optrede “beloon” met negatiewe reaksie, gaan jy daardie negatiewe vuur stook, naderhand gaan daardie vuur buite beheer raak en jou lewe in so mate beinvloed dat die die negatiwiteit die norm in jou lewe word.

Ek glo dat jy daardie gebed bid, gaan die Here in daardie persoon se hart werk. 



Print Friendly, PDF & Email
(Visited 93 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *