Oosterse Hoenderkerrie.

Nog ‘n resep van Lynette

Genoeg vir 4

Betsanddele
4 hoenderborsies
250 ml (1 k) lemoensap
5 ml (1 t) gekapte knoffel
5 ml (1 t) gekapte rissie
GROENKERRIESOUS:
30 ml (2 e) Thaise groenkerrie
310 ml (1¼ k) hoenderaftreksel
1 x 400 ml-blik klapperroom
15 ml (1 e) bruinsuiker
’n hand vol fyn groenboontjies
’n hand vol gekapte koljanderblare
suurlemoensap
sout en gemaalde swartpeper
Vir die Mango-En-Avokado-Salsa:
200 g (½ blik) mango
1 vars, geskilde avokado in blokkies gesny
5 ml (1 t) gekapte knoffel
5 ml (1 t) gekapte gemmer
5 ml (1 t) gekapte rissie
hand vol koljanderblare
suurlemoensap
sout

Metode
1. Sny die hoenderborsies oop en marineer vir 1 uur of oornag in die lemoensap, gekapte knoffel en rissie.
2. GROENKERRIESOUS: Verhit die Thaise groenkerrie, hoenderaftreksel, klapperroom en bruinsuiker oor matige hitte tot verdik. Voeg die fyn groenboontjies by, geur na smaak met suurlemoensap, sout en gemaalde swartpeper. Meng diegekapte koljanderblare deur.
3. Verhit ’n riffelpan oor hoë hitte, dreineer die hoenderborsies en braai vir 3 min. aan elke kant tot gaar. Geur na smaak, skeur in repies en meng deur die groenkerriesous.
4. Sit die kerrie met die mango-en-avokado-salsa, basmatirys en lemmetjiewiggies voor.
5. Dreineer die mango, sny in blokkies en meng met die geskilde avokado. Meng die knoffel, gemmer en rissie, koljanderblare, gekap, asook suurlemoensap na smaak deur. Geur na smaak met sout.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 133 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *