Ops Moduler

In Ops Moduler het ek saam met 3 ontvangers van die Honoris Crux gedien. Hannes Northmann, Johan Kooij, en Martin Bremer. Ek het altyd gewonder oor wat maak hulle verskillend van die res. Doodgewone mense wat ongewone dinge doen, verby plig. Hierdie gedig geskryf in die deurgangskamp op Rundu 1987

OORLOGS HELD

Om oorlogsheld te wees
Strek verder as die vlees
Of die gees 
Of vrede maak met vrees

ʼn Diepe aanvaarding
ʼn Menslike gewaarwording
Om as dit moet
Met my lewe te boet

Vir my wapenbroer met respek
Meelewend in elke fasset
Myself te versoen
Dat hy nie dieselfde vir my sal doen

My broer – ek is bang soos jy
Wil ook maar net die dood vermy
Met jou lewe kosbaar in my hand
Oor die grense van logika en verstand

Ter wille van jou
Ten koste van my
Het ek jou gaan haal
Omdat ek jou nie kon faal

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 249 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *