Raap en skraap

Bestanddele
4 dik snye brood (wit) korsies afgesny
500ml kookmelk
1 blik geroomde suikermielies van 410g
1 blik weense worsies van 375g gedreineer en fyngesny of koue ham – 2 koppies fyngesny
3 eiers geklits
5ml mosterdpoeier
sout en peper na smaak
15ml gerasperde ui
25ml fyngekapde pietersielie
100g (250ml) gerasperde kaas

Metode
Stel oond op180°C (350°F). Week brood in kookmelk en roer fyn met vurk. Roer res van bestandele behalwe helfte van kaas bo-oor en bak 40 minute. Dun skyfies tomatie kan bo-op kaas geplaas word en dan met aromat gegeur word voordat dit in die oond geplaas word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 154 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *