RYSPAP

Bestanddele
1 liter water. 
500 ml. ( 2 k. ) gaar rys. 
5 ml. ( 1 t. ) sout. 
450 ml. mieliemeel. 
60 ml. ( 1/4 k. ) botter of magarien. 

Metode
Verhit die water, rys en sout saam tot kookpunt. Laat dit stadig prut en roer die 
mieliemeel geleidelik by -dit vorm ‘n slap pap. Laat dit 20 minute lank stadig oor lae hitte prut tot deurgekook en gaar. Roer die botter of magarien in en bedien warm saam met pangebraaide wors en warm tamatie-smoor. Genoeg vir 5 – 6 mense. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 530 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *