SAVANNAH VETERANE

My gedigte uit die Bos Oorlog

Ops Savannah was die eerste konvensionele SA Weermag ontplooing sedert die Tweede Wereld oorlog. Tog blyk dit dat latere operasies die verhaal van hierdie besondere groep manne oordonder. Heldedade is gepleeg, maar erkenning in sommige gevalle bly tot vandag toe agterwee. Hulle is n ou generasie, met getalle wat snel krimp. SALUUT AAN JULLE WAT ONS ANDER VOORAFGEGAAN HET IN DIE BOS OORLOG, 

SAVANNAH VETERANE

Byna veertig jaar gelede
In operasie Savannah ingestuur
Vir meeste – ver in die verlede
Selfs vir my soos ek terug tuur

Ons was dapper bereid
Swak toegerus vir die stryd
Sonder herkenbare uniform
Van ons verwag in te storm

Blindelings van dag tot dag
Sonder die wete wat om te verwag
Piepklyn petjie op my kop
En weinig wat die koëels kon stop

Onbekend – as huursoldaat
Met geen mandaad
Ingewillig sonder verset
Sonder om na die fyn skrif op te let

In die brief wat ek moes teken
Ingewillig sonder besef
Van wat dit als beteken
Om politici van blaam te onthef
My identiteit as mens – soldaat 
Het skielik nie meer saak gemaak
ʼn Pion in die oorlogspel
Op ʼn skaakbord vasgeknel

Op baie fronte veel beleef
In die geloof dit als oorleef
En daarna gestreef
Om met weinig min
Nogtans te oorwin

Dit was die begin van oorlog 
Die Angola avontuur
Wat nog dertien jaar sou duur
Na Quito nog ʼn lang tog

Ons was eerste daar
En die einde wrang beleef
En nou na byna veertig jaar
word ons opoffering omgeef
met miskenning van ons deel
in die bosoorlog in sy geheel

Savannah veteraan – na veertig jaar
Wil onomwonde verklaar
Ons was deel
Van die groot geheel

© Dawid Lotter 2014

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 111 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *