Semel En Rosyne Beskuit (Koekoes)

Met vergunning www.eposvriende.com

2 Kilo Bruismeel
8k Semels
1 1/2k Klapper
3 1/3t Bakpoeier
3k Suiker
4t Sout
1kg Marvello Of Ander Margerien
6 Eiers
1 Liter Karring Melk
2k Rosyne

Meng DroÎ Bestandele In Groot Skottel. (Sonder Die Rosyne) Smelt Marvello. Klits Die 6 Eiers By (Gebruik `N Elektriese Handmenger) Klits Die Karringmelk By. Voeg By DroÎ Bestandele En Meng Goed. Dit Hoef Nie Geknie Te Word Nie. Voeg Die Rosyne By.

Plaas In Gesmeerde Broodpanne En Vir Ongeveer 1 Uur By 180c Ongeveer 4 Groot Broodpanne
Die Rosyne Kan Heeltemal Uitgelaat Word Of Verminder Word Na Smaak. Keer Die Brode Uit Op Afkoel Rakke En Laat Heeltemal Koud Word. Sny In Vingers En Droog Uit In Die Oond. 60 tot 80 Grade C.

As Die Brode Eers Die Volgende Dag Gesny Word, Dan Krummel Dit Minder.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 456 times, 1 visits today)
Advertisements

One thought on “Semel En Rosyne Beskuit (Koekoes)”

  1. Gaan beskuit beslis probeer. Ek soek altyd maklikste, vinnigste en goedkoopste resepte want ek kan nie bak nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *