Suurlemoen meringue-tert

Bestanddele
Ek gebruik ‘n beskuitjiekors – 3/4 pakkie Marie beskuitjies en 80 ml margarien, gesmelt. 
397g-blikkie kondensmelk 
125 ml suurlemoensap 
3 eiers, geskei 
125 ml strooisuiker 
5 ml asyn 
15 ml mielieblom (Maizena) 

Metode
Voorverhit die oond tot 180oC. Berei die kors en druk dit vas in ‘n tertbord. (Ek maak altyd my meringue eerste, dan hoef ek nie nog die klitsers te was voor ek die gele berei nie – regte lui huisvrou!) Klits die eierwit, en voeg die strooisuiker geleidelik daarby tot dit styf is. Klits nou die asyn en mielieblom by. Klits die eiergeel saam met die kondensmelk en suurlemoensap. Gooi dit in die tertkors. Skep die meringue bo-op. Bak vir 10 minute of tot ligbruin.(Nie veel langer nie, anders word die meringue taai en dit kan brand.) Verkoel voor opdiening (indien verkies). 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,188 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *