Warm Spek-En-Eier-Slaai

‘n Resep van Lynette 
Genoeg vir 4

Slaaisous
125 ml (½ k) rooiwynasyn
30 ml (2 e) olyf-of avokado-olie
1 knoffelhuisie, gekneus
sout en gemaalde swartpeper
4 eiers
250 g (1 blok) halloumikaas, in stukke gebreek
250 g (1 pak) repies spek
½ ciabatta-brood, in stukke gebreek
30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie
2 hande vol kersietamaties op die stingel
hand vol babaspinasie


Metode
Voorverhit die oond tot 220 °C.
1. Slaaisous: Meng die asyn, olie en knoffel. Geur na smaak.
2. Kook die eiers vir 5 min. vir ’n sagte eier, of na smaak. Laat effens afkoel en haal die doppe af.
3. Meng die halloumi, spek, brood en olie en sit in ’n diep oondpan. Rooster vir 6 min.
4. Draai die halloumi om en voeg die tamaties by. Rooster vir nog 6-8 min. of tot goudbruin en gaar.
5. Meng die spinasie en slaaisous deur. Verdeel tussen 4 opdienbakkies en sit voor met ’n sagte, oopgebreekte eier bo-op elk.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 257 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *