Worsgebak

Bestanddele 
30 ml sonneblomolie
1 groen soetrissie, ontpit en gekap 
2 ml borrie
15 ml blatjang
2 ml peper
1 x 410 g blik appelkooshelftes gekapte 
grasuie vir garnering
1 ui, gekap
10 ml matige kerriepoeier 
500 ml kookwater
5 ml sout
500 g rou boerewors, in 4 cm-stukkies gesny
300 g rou rys (375 ml) 

Metode 
Verhit die olie in ‘n swaarboompan, braai die uie en soetrissie tot sag en deurskynend, ongeveer 5 minute. Voeg die kerriepoeier by en roerbraai ‘n verdere minuut. Voeg die kookwater, sout en peper en blatjang by, verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat 2 minute prut.. Pak die rou wors op die boom van ‘n groterige oondskottel. Skep die uiemengsel eweredig bo-op die wors. Rangskik die appelkooshelftes bo-oor die wors en giet die sap oor. Sprinkel die rys eweredig oor, plaas die deksel op en bak in ‘n voorverhitte oond by 200C (400F) vir ongeveer 45 minute of totdat die rys gaar is. Strooi gekapte grasuie oor en sit warm voor. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 455 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *