2Kor 4V 16

Donderdag 16 Okt. 2014 Tema: Moedverloor se vlakte 4
****My eie woorde
****Ek het in my lewe geleer dat die belangrikste tydens
moedeloosheid juis is, om dit voor die Here se voete te lê, sê vir
Hom hoe jy voel al weet Hy dit, en vra Hom om jou gevoelens te
verander dat jy weer Sy lewensvreugde aan ander kan uitstraal.
Waak daarteen om jouself te sit en jammer kry, doen liewer iets
goed aan iemand anders wat dit die minste verwag en kyk hoe
die lig in jou lewe weer deurbreek. 
2Kor 4V 16  Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan
ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná
dag vernuwe.17  Want ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is,
bewerk vir ons ‘n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid;
Kol 3V12   Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges
en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid,
nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. 13  Verdra
mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag
het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen. 14 
En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die
volmaaktheid is.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 16 Oktober 2014
Hartlik geluk aan diegene wat vandag verjaar. Mag die Here jou
ryklik seën volgens Sy wil en wete tot eer van Sy Heilige Naam.
Geniet jou spesiale dag vandag!
Lucille Marais – 16 Oktober
Louisa Seibes 16 Okt.
Linda v d Merwe 16 Okt.
Drienie v d Berg 16 Okt.
Jy kan ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:


Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadresmet “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.


DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKSontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
gebruik net die epos adres:
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.


Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 49 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *