ASPERSIE TERT:

Uit Anna Eksteen se 10 van die bestes

KAASKORS:
250ml koekmeelblom
125ml gerasperde kaas
125ml gerasperde botter

Metode Kors
Meng al die bestanddele tot ‘n stywe deeg.  Druk vas op bodem en kante van bak met ‘n deursnee van 220mm. Vul met die volgende vulsel.

VULSEL:
100g biltong, in dun repies (of met groente)
4 eiers
300ml ongegeurde jogurt
250ml gerasperde kaas

30ml gerasperde parmesaankaas
80ml melk
340g (1blik) aspersielote, gedreineer
paprika & 30ml parmesaankaas (garnering)

Metode
Strooi biltong op tertkors.  Klits eiers, jogurt, kaas, parmesaan-kaas en melk goed en gooi oor die biltong. Pak aspersies bo-op eiermengsel en strooi res van parmesaankaas bo-oor. Bak 45 minute by 180C tot gestol.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 485 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *