AWOL

Na die tente het ons getrek na woonstelle toe. Die woonstelle was spesiaal vir ons gebou gewees en het so skuins oorkant die hoof menasie gestaan. Wat so wonderlik van die woonstelle was, was dat daar geen drade om die woonstelle was nie. Ons kon letterlik
gaan en kom soos ons wil. Natuurlik is hier waar een van die ander waardevolle lesse in die weermag geleer is. Hoe om te Awol (Absence Without Leave) sonder om gevang te word.

Een van die groot probleme met die weermag is roetine. Elke aand 9 uur moes ons bymekaar kom om getel te word. Hulle wou sien of daar nie iemand ge Awol het nie. So net na 9 die aand na Roll Call is ons kamers toe en so paar minute later is ons strate toe.

Partykeer het ons net na 4 in die midag gery en gesorg dat ons net voor nege weer terug is vir Roll Call. Twee van die Awol’s staan uit en sal ek lank kan onthou. Die een Woensdag middag is ons daar weg en gaan daar na die woonbuurt so net onder UNISA toe. Daar was
ʼn restaurant gewees genaamd Billy’s Baked Potatoes. Die spesefieke dag het ons ge-pay en ons sakke was vol geld. As ek reg kan onthou het ons daardie tyd sowat 50 sent per dag gekry.

Ons loop in die restaurant in met ons Civvies (Siviele Klere). Die restaurant het twee ingange gehad. Ons is aan die linkerkant in en daar was gelukkig nie plek nie. Ons is na die regterkantste deel van die Restaurant geneem. Daar het ons steak en aartappels
bestel. Ons was so driekwart deur ons feesmaal toe sien iemand dat ons staf sersant en sy gesin by die linkerkantste deel van die restaurant inloop. Net daar staan ons op soos een man en loop by die restaurant uit. Natuurlik sonder om te betaal. Soos ʼn groot speld verdwyn ons in die nag.

As die stafsersant ons daar gesien het, so ons outomaties Durban Beach toe gegaan het vir ʼn paar weke en daarvoor was ons beslis nie baie lus gewees nie. Ons het nooit weer na Billy’s Baked Potatoes gegaan nie en het na die episode die plek soos pers vermy.

Ek hoop nie dat dit daardie petalje die rede vir die ondergang van Billy’s Baked Potatoes was nie. So ʼn jaar of wat nadat ons klaar was met os diensplig het Billy’s baked potatoes toegemaak. Daardie stukkie steak wat ek geëet het was seker die lekkerste steak wat ek
ooit geëet het.

Die ons was ses van ons wat in ʼn Volkswagen Beatle rondgery het. Een aand in die somer net so voor ons so uitklaar ry ons weer die voorstede so op en af. Die een ou haak af en se dat hy die mense ken wat hier bly en hulle is met verlof. Ons klim uit, klim oor die hek en gaan swem so poedel nakend in die swembad. Die eerste ruk was lekker want ons was stil en rustig gewees.

Hoe later hoe kwater. Ons begin naderhand lag en gesels. Ewe skielik skreeu iemand uit die huis uit. Met ons kaalgatte is ons oor die hek en weg. Vêr van die huis af het ons gestop en aangetrek. Dit was ʼn nou ontkoming gewees, maar baie lekker.

Jare na die tyd het ek eers besef wat ons gedoen het. As die korporaal net een aand die Roll Call vroeër of later gemaak het, was ons almal Durban Beach toe gewees vir weke.

In die weermag is die nie maklik om uit die moeilikheid te bly nie. Ons is op ʼn stadium na die Kaap vir ʼn parlement opening gewees. Daar het ons gaan bly by die Lugafweer afdeling. Natuurlik het ons afgeshow net waar ons kan. Die rowers het net daardie tyd ingekom. Hulle moes natuurlik die wagdiens oorneem. Ons het as deel van ons uniforms so ʼn groen reënjas gehad. Die reënjas het gepas by ons Spesiale uniform. As ons in die aande wou uitgaan trek ons net die groen reënjas aan en loop by die hekke uit. Die arme gunner rowers ken nie groen reënjasse nie. Hulle salueer ons en daar gaan ons. Hulle het seker
nooit in hulle lewe so baie offisiere gesien nie. Net voor ons daar weg is, het ons hulle ingelig dat ons nie eintlik offisiere is nie.

Gevaar was altyd deel van ons lewens gewees. Ons het geweet dit is nie reg om te awol nie, maar tog het ons dit gedoen. Hoe groter die awol hoe lekkerder was dit gewees. Ons was nie bang gewees nie, maar net baie versigtig gewees. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 60 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *