Boeliebief skywe

DEEG: 
400ml koekmeelblom
knippie sout
2ml bakpoeier
110g margarien, gerasper
200ml melk
1 eiergeel

VULSEL:
1 blik boeliebief in blokkies gesny (275g)
30ml mayonnaise
2-5ml mosterdpoeier
bietjie worcestersous
30ml gekapte pietersielie
250ml gerasperde Cheddar kaas

Metode
Voorverhit die oond tot 200C. Spuit n klein broodpan met kleefwerende middel. Sif die droe bestanddele saam en vryf die margarien met jou vingerpunte in tot goed gemeng. Meng die melk en eiergeel saam en meng by. Die deeg sal slapperig wees. Druk die helfte van die deeg op die bodem van die voorbereide pan vas. Meng die bestanddele vir die vulsel, maar hou eenkant n bietjie gerasperde kaas. Skep bo-oor en maak gelyk. Versprei die res van die deeg oor die vulsel, sprinkel die oorblywende kaas oor en bak sowat 20 minute lank of totdat die kors gaar is. Dien op met blatjang. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 146 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *