Die Koek

As ek so in die tydskrifte sit en blaai, sien ek dat daar een ding is wat die moderne man die meeste vrees en dit is toewyding, in Engels klink dit vir my half beter en dit is die groot C, naamlik Comittment. Saam met die groot C kom daar baie ander dinge saam waarop ek nie nou wil ingaan nie. Maar een van die dinge met ’n lang geskiedenis wat saamkom is die Troukoek. Die troukoek het ’n familie geskiedenis amper langer as Adam se familie. Toe die Romeine nog koning gekraai het in die wêreld het hulle koekies gekrummel en die krummels dan oor die koppe van die Bruid en die bruidegom gegooi. Dit was gedoen as teken dat die bruid vrugbaar is. Die gaste het dan die krummels opgetel as ’n teken van goeie geluk. In Victoriaanse tye het hulle linte met gelukbringers (charms) tussen die laag koeke gesit. Elke strooimeisie het dan ’n lint getrek en die gelukbringer sou dan aantoon wat in hulle lewens gaan gebeur. Die een wat die ring getrek het sou dan die volgende een gewees het was gaan trou het. Vandag se tyd gooi hulle mos die kousband. Nog een bygeloof is dat jy die boonste laag van jou troukoek moet bere en as die troukoek dan langer as ’n jaar gaan hou, dan gaan jy ’n gelukkige huwelik beleef. Uit ’n man se oogpunt dink ek dat as jou vrou jou nie binne een jaar met die stuk koek gegooi het nie is jy vir ’n lang ruk veilig. Deur die koek saam met haar man te sny toon dan ook aan hoe bereidwillig die vrou is om haar rol as huisvrou te aanvaar. Dames moet my net nie nou afslag nie, maar dit is waar. Ek kan onthou hulle het ook altyd toe ek jonk was gesê dat as jy ’n stukkie troukoek onder jou kussing sit voor jy gaan slaap sal jy droom met wie jy eendag gaan trou. Ek het dit ook probeer maar dit het nooit met my gewerk nie want ek het voor ek aan die slaap geraak het, was ek al so lus vir die stukkie koek, dat ek dit sommer net daar en dan opgeëet het. Dit maak nie saak watter geloof jy is nie en of waar jy in die wêreld is nie, jy sal altyd êrens op ’n bruilof een of ander koek sien pryk op ’n tafel. Die koeke het natuurlik begin met klein koekies en later het die mense vrugte koeke begin bak as troukoeke. Vir baie jare het die vrugtekoek koning gekraai as die troukoek. Maar in ons meer moderne en gejaagde lewe sien ek dat die sponskoek en tot roomys koeke nou moet die plek volstaan as ’n troukoek. Vir my is ’n troukoek eintlik nie ’n troukoek as Dit nie ’n vrugtekoek is nie. In China ontvang die gaste saam met die huweliks uitnodiging ’n stukkie boontjie pasta koek. Jig. Met die troue ontvang hulle darem ’n stukkie eg tradisionele westerse troukoek om te eet. In Liberia is dit gebruik om die troukoek oor die bruidegom se huis te gooi aangesien dit belangrik is vir die sukses van die huwelik. In die Joodse tradisie word die troukoek streng volgens die kosher reëls gebak. Al die toerusting en die tafel waarop die koek staan word geseën. In Duitsland maak hulle troukoeke van sjokolade koeke. Maar die koeke is swaar gelaai met sjokolade en room. Maak nie saak waar troukoeke vandaan kom nie, dit is altyd pragtig en lekker. Maar mans wees gewaarsku is julle ’n troukoek op ’n tafel sien staan, dan is dit al klaar te laat en dan is die strop alreeds om julle nekke.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 498 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *