Eet en Gesondheid

Ons almal weet seker dat eet en gesondheid hand aan hand gaan. Soos met alles moet daar perke wees. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het onlangs ‘n studie gedoen oor hoe mense moet eet en wat mense moet eet. Volgens hulle is geprosesseerde kosse die oorsaak dat baie mense so oorgewig is. 

Die geprosesseerde voedsels het hoë inhoude van vet, suiker en sout. Volgens die WGO behoort ‘n mens se dieet uit 55% Koolhidrate, 10% Protein, 10% suiker en 10% vet te bestaan.  Soutinname behoort tot 5 g per dag beperk te word. Verder beveel hulle ook aan dat ons sowat 400 g groente en vrugte per dag moet eet. Maar eet is nie al wat help nie. Daar moet ook redelike fisiese aktiwiteite gekoppel aan die dieet te wees.

Hierdie is alles goed en wel, maar ek het my eie teorie omtrent gesond eet. Gesonde en fikse mense gaan ook net so dood aan hartaanvalle as wat ons grotes doodgaan. 

‘n Ander studie wat gedoen is deur die Amerikaanse Instituut vir Kankernavorsing het bevind dat braaivleis ‘n risiko inhou vir jou gesondheid. Hulle het bevind dat wanner vleis gebraai word daar HCA’s in Engels is dit Hetrocyclic amines, vrygestel en dit sit aan die vleis. Wanneer die vet op die kole drup en daar spring ‘n vlam op, dan word daar PAH’s vrygestel (Policyclic Aromatic Hydrocarbons). Nou dat die HCA’s en PAH’s die kanker veroorsaak.

Hoe om die probleem te bowe te kom is om jou vleis in foelie gaar te maak. Maar ons Suid Afrikaners is nie bang nie so ons sal nog gereeld ons vleis so op die kole gooi. Hoekom is alles wat so lekker is nie goed vir jou nie?

Aangesien ons nie nou meer kan vetterige kosse en braaivleis kan eet nie moet ons nou maar kyk om meer vesel in ons dieet te kry. ‘n Mens behoort so 30 g vesel ‘n dag in te kry. Vesel, so word beweer, help om jou spysverteringstelsel in tip top kondisie te hou. Dit help ook in gewigsverlies en verminder ook die gevare van maagkanker.

Vesel absorbeer water en wanneer jy dit eet absorbeer dit die water in die maag en laat jou versadig voel. So wat en watter kosse kan mens eet om genoeg vesel in jou liggaam in te kry ? Baked beans op roosterbrood sal sorg dat jy sowat 10 g vesel inkry. ‘n Sny bruinbrood bevat ongeveer 3 g vesels. ‘n Halwe koppie All Bran Flakes bevat 10 g vesel. ‘n Appel het ongeveer 4 g vesel. 

‘n Mens sal seker nooit presies weet wat reg is om te eet en wat nie. Wat ek het bv teen die studie van braaivleis is dat as dit so gevaarlik is hoekom het 90% van alle Suid Afrikaners nie kanker nie ? Hoekom is daar mense wat presies reg eet en genoeg oefeninge doen nou al in hulle grafte agv hartaanvalle, party so jonk as 24. Hoekom is daar gereeld sterftes aan hartaanvalle van mense wat Comrades hardloop.

Wat ek eintlik probeer sê is eet waarvoor jy lus is, maar hou tog net matigheid voor oë. Moet jouself nie probeer om alles wat lekker is te ontsê nie, want more is jy miskien nie daar nie. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 236 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *