Enige Iemand vir Tee?

Ek kaneintlik nie glo dat ek hier sit en ek het nog nooit eers oor tee geskryf nie. Tee het ’n baie interessante en bloedige geskiedenis. Oorloë is geveg oor tee en belastings is gehef op tee plantasies en op die besit van teeblare. Ek hoop nie een van Suid Afrika se belasting gaarders sien hierdie en kry idees nie.

Tee se geskiedenis is langer as wat die arm van die gereg is. En wonderbaarlik is tee nie vir die eerste keer in Engeland gedrink nie. Tee is die eerste keer in die jaar 2737 voor Christus gedrink deur die Sjinese heerser Shen-Nung. Hy het die snaakse blare in sy warm water wat hy gedrink het, laat dryf. Iemand moet seker baie desperaat gewees het om warm water te drink. Van daar af het tee met rasse skredes in die wêreld se harte ingekruip.

In die jaar 522, na Christus, het Boeddhiste monnike sade van die  Tee boom na Japangeneem, sodat die Japanese hulle eie tee kon kweek. Eers in die jaar 700 het die Japannese die tee drink seremonie vervolmaak. Hulle het “Die Boek van Tee” wat geskryf is deur Lu Yu, gebruik om die kuns te vervolmaak.

Die Sjinese en Japannese het die tee drinkery lank eers vir hulle self gehou. Want eers in die jaar 1667, het die koffiehuis eienaar Thomas Garway tee vir die eerste keer verkoop. In die jaar 1700 het Koning Charles II ’n baie hoë belasting op tee geplaas aangesien tee nog op daardie stadium net vir die adelstand gewees.

Met die aankoms van jaar 1773 is Amerika stewig op die pad geplaas van onafhanklikheid. Dit was dieselfde jaar as wat die Boston Tea party gebeur het. EK kannou al die koerant opskrifte sien: Tee die begin van ons onafhanklikheid. Tee is intussen deur die hele Engeland gesmokkel. Maar die koning het in daardie jaar die belasting op tee verminder. Net daar val die smokkel mark in sy peetjie in. Engeland word toe so met die tyd die Wêreld se tee hoofstad.

Daar is drie soorte tee, Swart tee, Groen tee en Oolong tee. Nou dat ek so van tee praat, dink ek daaraan dat ons kinders seker nie gaan weet hoe lyk tee nie. Want vandag se tee is mos in sakkies. Ek weet nie of dit ook in die wêreld voorkom nie, maar hier in onse land was daar so ’n paar jaar gelede ’n hele ander industrie om tee geweef en hier praat ek van die tannies wat vir so ’n klein fooitjie vir jou ’n koppie tee gemaak het en as jy klaar gedrink het, het hulle jou fortuin gelees met die teeblare wat so op die bodem en teen die kante van die koppie gelê het.

Baie mense en veral die Engelse glo net aan een manier van teëmaak. Eers moet warm water in die ketel gegooi word. Dan kom die teeblare of sakkies in en daarna die warm water. Ander mense glo weer daarin om die tee eers te kook. Ek het al op verskillende maniere probeer om tee te maak, maar elke keer proe die tee maar dieselfde vir my.
Daar is niks lekkerder vir ons gesin om Sondae na kerk ‘n potjie tee te brou en rustig saam te sit en drink.
          
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 390 times, 1 visits today)
Advertisements

3 thoughts on “Enige Iemand vir Tee?”

  1. Ons geniet ons tee. Te min deesdae met die Espresso wat soveel makliker en vinniger is..
    Maar ons het meer tee soorte begin geniet en werklik raak sien nadat ons n eleketriese tee maker gekoop het.
    Die wonder van hom is dat hy die water vir verskillende tipes tee net tot op regte temperatuur warm maak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *