Feite wat min mense weet

Hierdie is net ‘n versameling van besondere  feite. Dinge wat die gewone man op straat nie sommer sal weet nie. 

• Kaas is een van die belangrikste kossoorte wat daar is. Kaas is ‘n konsentrasie van melk se voedingswaarde. Dit bevat protein wat natuurlik belagrik is vir liggamsbou. Dit bevat ook baie vitamien B2 wat wat die oog en velweefsels gesond hou. Die kalsuim in die kaas his natuurlik belangrik vir die bou van beenweefsels. Een stukkie kaas van 2.5 kubieke cm is gelykstaande aan een glas melk.
• Roomys kom al ‘n lang pad saam met die mensdom. Die geskiedenis van roomys trek al sover terug na die tyd van Karel die Grote. Roomys was ook baie gewild oonder die adel;stand en hulle het hulle geld en mag gebruik om die resep van roomys geheim te hou. 
• Yogurt kan gebruik word om suurroom te vervang in resepte. Yogurt is nie so ryk soos room nie. Gebruik liewers die ongegeurde yogurt.
• Het jy al suurrroom in ‘n gereg gebruik en dit het geflop?  Voeg die suurroom by wanneer die sous of gereg reeds gaar is. Roer een lepel suurroom by, roer deeglik en voeg die volgende lepel suurroom by. Moet ook nie die gereg of sous laat kook sodra die room in is nie.
• Gooi ‘n lepel asyn in die water waarin die eiers kook. As die eier kraak sal die asyn in die water verhoed dat die eierwit uitloop. 
• Stukkies kaas wat oorbly kan gerasper word, en dan verseel word in ‘n plastiek sakkie en dan suksesvol gevries word. 
• Bombay Duck is een of ander eend gereg. Nee Bombay Duck is gedroogde vis waat aaklig ruik, maar as dit gekook word verdwyn die reuk. Die vis kan ook in die oond gerooster word totdat dit bros is. Die bros vis kan dan gekrummel word en oor kerrie gegooi word. 
• ‘n Baie innoverende manier om botter of margarien mee af te meet is om as die resep ‘n ¼ koppie botter vra, maak die maatkoppie vol tot op ¾. Skep dan die botter of margarien in die koppie tot die koppie vol is. Gooi die water uit en siedaar het jy ‘n ¼ koppie margarien.
• As daar nie suurroom beskikbaar is nie, maar wel room, voeg een lepel asyn by vir elke 250 ml room. Roer deeglik en siedaar het jy suurroom.
• Blou kaas is nie vir almal ewe lekker nie. Waar kom die kaas vandaan ? Blou kaas word gevorm deur spore van Penicillium roqueforti. In vroë tye is kaas in grotte geberg. In die grotte was daar van die penisilin teenwoordig. Dit het dan die kaas se smaak verander. Deesdae word die penisilin spore sommer by die kaas gevoeg.
• Grenadellas of te wel Passion fruit ruik nie net lekker nie maar is net so heerlik om te eet. Grenadellas is ‘n goeie bron van vitamiens A en C, en dit bevat slegs 16 kaloriee. Die pitte is ook ‘n baie goeie bron van vesel. Hoekom dit in die Engelse taal as Passion Fruit bekend staan sal ek nie weet nie. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 908 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *