Franse Broodgebak

Met vergunnin www.funkymunky.co.za

Bestanddele
1 lang Franse brood, in diagonale 1 cm skyfies gesny
sagte botter
750ml melk
3 ekstra-groot eiers
sout en gemaalde swartpeper
½ pak repiespek
stroop of heuning na smaak

Metode:
Smeer die brood liggies met botter en rangskik dit in netjiese lae in ‘n medium grootte gesmeerde oondvaste bak. Klits die melk, eiers en geurmiddels goed saam en giet dit versigtig oor die brood. Bedek en laat oornag staan om in te trek. Volgende oggend: Voorverhit die oond tot 180°C. Kap die repies spek grof en sprinkel oor die brood. Bak sowat 30 minute lank, bedruip mildelik met stroop en bak verder tot die bokant mooi bros is en verbruin het. Laat effens afkoel en sit voor met nog stroop indien verkies. Genoeg vir 4-6 mense.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 97 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *