GESTOLDE GROENTEVORMPIES MET ROMERIGE KNOFFELSOUS

Bestanddele
500ml kookwater 
4 – 6 groot huisies knoffel, gesnipper 10ml gedroogde tiemie 
30ml witsuiker 
65ml wit asyn 
2,5ml tafelsout 
1 ml witpeper 
10g (1 koevertjie) gelatien 
250g gaar McCain Country Crop
12 kruietakkies van jou keuse 
250ml ongegeurde, vetvrye jogurt
125ml suurroom 
45ml gekapte pietersilie, sprietuie of grasuie 

Metode
Plaas kookwater in ‘n klein kastrol en voeg knoffel, tiemie, suiker, asyn, sout en peper by. 
Laat 4 – 6 minute prut. Syg deur ‘n sif. Hou vloeistof en soliede stukkies apart en sit opsy. 
Laat gelatien in ‘n bietjie koue water spons en roer by warm kookvloeistof tot opgelos. 
Rangskik gaar McCain Country Crop in 6 vormpies wat met kleefvrye sproei bespuit is en giet gelatienmengsel oor. Druk kruietakkies tussen groentes in en plaas in yskas vir 4 ure of tot gestol. Net voor opdiening, dop vormpies uit. Meng res van bestanddele met stukkies wat uitgehou is en bedruip vormpies daarmee. Bedien dadelik as heerlike voorgereg of as bygereg met koue vleise of geroosterde vis. Bedien 6 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 196 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *