Hand 22v9-16

Woensdag 8 Okt. 2014 Tema: Wanneer ek moet kies 3
****My eie woorde
**** Paulus het die kinders van die Here vervolg en
doodgemaak.. toe kom hy by ‘n kruispad in sy lewe en die HERE
ontmoet hom op die Damaskus pad. Saulus word Paulus ‘’n
baanbreker vir ons Skepper . Dit maak nie saak wat jou verlede
is en was nie. As jy vandag ‘’n ontmoeting met Jesus het gaan
jou oë oop soos Paulus se oë en sien jy met nuwe oë want dan
maak die vlees en sy begeertes nie meer saak nie. Om God se
wil te doen, is dan al wat tel. Word vandag stil voor Hom en vra
Hom : HERE het “ek my en myne “ te groot geword in my lewe .
Hou my aan U voete om my te sien, soos U my sien en ek elke
dag reg te kan kies .
Hand 22v9-16
9  En die wat saam met my was, het wel die lig gesien en bang
geword, maar die stem van Hom wat met my gespreek het, nie
gehoor nie.10  En ek het gesê: Wat moet ek doen, Here? En die
Here het vir my gesê: Staan op en gaan na Damaskus, en daar
sal jou vertel word alles wat aan jou opgedra is om te doen.
11  Toe ek dan weens die glans van daardie lig nie kon sien nie,
is ek deur my metgeselle by die hand gelei en het in Damaskus
gekom.12  En ‘n sekere Ananías, ‘n vroom man volgens die wet,
wat ‘n goeie naam gehad het by al die Jode wat daar woon,
13  het na my gekom en by my gaan staan en vir my gesê: Saul,
broeder, word siende! En op dieselfde oomblik het ek hom
aangekyk.14  En hy het gesê: Die God van ons vaders het jou
voorbeskik om Sy wil te ken en die Regverdige te sien en die
stem uit Sy mond te hoor;15  want jy sal vir Hom by al die mense
‘n getuie wees van wat jy gesien en gehoor het.16  En nou, waarom
versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes
afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 8 Oktober 2014
Veels geluk met jou verjaarsdag! Mag dit ’n onvergeetlike
heerlike dag vol
Marilyn Smith 8 Okt
Meisie Grobbelaar 8 Okt
Michelene Eises 8 Okt.
Caroline van Heerden 8 Okt.
Hendrik Frey 8 Okt.
Jy kan ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:


Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadresmet “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.


DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKSontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
gebruik net die epos adres:
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.


Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 56 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *