Hoenderlewer met byt

Bestanddele
500g hoenderlewertjies 
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak 
2 knoffelhuisies, gekneus 
1 ui, gekap 
5 ml borrie 
90ml botter 
12.5ml kerriepoeier of garam masala 
1 stuk ± 1cm gemmer, fyn gekap 
410g ( 1blik) tamaties, gekap 
1 brandrissie, ontpit en fyngekap 
200g bevrore of vars jong ertjies 
vars koljanderblare(dhania) gesnipper 

Metode
Soteer skoongemaakte hoenderlewers in botter in n braaipan sodat dit nog pienk binne 
is, maar verseÎl aan die buitekant. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en skep uit. Hou eenkant. Braai ui tot sag in panvet oor lae hitte. Voeg knoffel, gemmer, borrie, kerriepoeier en rissie by. Roer en laat 1-2 minute stadig prut. Voeg tamaties by en bring tot kookpunt. Laat ongeveer 10 minute lank prut. Voeg ertjies net voor opdiening by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper en n bietjie suiker indien verkies. Sodra sous begin prut, voeg hoenderlewers en bietjie koljanderblare by en laat prut tot deurwarm. Sit voor en garneer met die res van die koljanderblare. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 159 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *