Hoenderpan

Bestanddele
Gebruik ‘n skottelskaar. Die een met die gas soos aan ons bekend.
2 kg hoender
4 groot uie in ringe gesny
2 vars rooi rissies
1 pakkie sampioene
200 ml vars room
100 ml brandewyn
Olyfolie
al jou knoffel!

Metode:
Bruin 2 van die uie in bietjie olie in die pan. Maak seker dat dit goed oor die pan geroer word om die hele pan te smeer. Sit die pan af en laat afkoel terwyl uie uitgeskep word vir later. Smeer die hoender liggies met olie en gooi baie liggies speserye (as dit nou te veel is gaan dit die geur verander). Sodra die pan afgekoel het kan dit weer aangesteek word (hierdie uiegeur het nou in die pan ingetrek en die olie maak ‘n lagie in die pan sodat dit nie vasbrand nie). Plaas nou die hoender in die pan en laat stadig prut tot amper gaar (baie stadig – so 3 trekke). Gooi die rissies en knoffel en die reeds gaar uie by die vleis (daar gaan nie veel van die uie oorbly nie) laat prut vir 10 minute. Gee gas tot warm! Gooi die brandewyn by en steek aan met vlam. Wag tot die alkohol uitgebrand is en bring die hitte af. Gooi die rou uie en sampioene en room in. Braai tot die room weer begin skei. Skep op rys en eet voor die bure kom!

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 150 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *