Hoofstuk 7 (Gebraaide Vleis) ~ Gebraaide Kalkoen

Trek die vere mooi droog uit en skroei die klein veertjies met ‘n brandende papier af. Verwyder die binnegoed en sit die lewer eenkant. Was nou die kalkoen goed van binne en buite en droog dit af.Sny die nek naby die rug af, maar laat daar ‘n stukkie vel oorstaan.Breek die been onderkant die knie af, Trek die senings uit die boudjies en slaan die bors plat met ‘n rolstok sodat dit mooi en rond kan lyk.Stop nou die kalkoen met vulsel en naai die nekvel vas op die rug of steek ‘n pennetjie daardeur.STeek ook pennetjies deur die dye en vlerke in die lyf. Sit elke lewer onder ‘n vlerk, druk die pote styf teen die lyf en bind dit vas. Smeer nou ‘n skoon wit papier met botter en maak dit op die kalkoen se bors vas. ‘n Halfuur voor opskeptyd word die papier afgehaal en die bors word met meel bestrooi, Smelt dan ‘n lepel botter en gooi dit oor die kalkoen. Braai ook wors of frikkadel in dieselfde kastrol en rangskik dit rondom die kalkoen.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 361 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *