Hooimied-ete

Met vergunning www.funkymunky.co.za

Hierdie ete is pret en die mense moet van alles in die regte volgorde skep:

1 kg rys – gaar gekook
2.5 kg maalvleis, gaar geroerbraai sonder sout of speserye
3 pakke Barbeque Frito’s – effens fyngedruk
1 kg gerasperde cheddarkaas
2 pakke Chinese Chutney chips – effens fyngedruk

Slaai: 1 slaaikop (gekerf), 10 tamaties en 1 Engelse komkommer (albei in blokkies gesny)
Sous: 1 bottel 500g mayonnaise, ½ klein bottel Chilli & knoffelsous, 1 liter melk. Meng sous.

Elkeen skep vir homself in dié volgorde (pak die bakke so uit):
1. Rys
2. Maalvleis
3. Fritos
4. Kaas
5. Chutney Chips
6. Slaai
7. Sous

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,876 times, 1 visits today)
Advertisements

2 thoughts on “Hooimied-ete”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *