Jer. 18:10

Donderdag 2 Okt. 2014 Tema: Onvoorwaardelike geloof 4
****My eie woorde
****Hoe weet jy dat jou kind na jou luister….as hy gehoorsaam is
en doen wat jy vra. Dit is dieselfde met my en jou…. Ernstige
woorde om oor na te dink. Hoe reageer ek en jy op die Heilige
Gees se influisteringe wanneer ons gewete ons aankla?
Jer. 18:10  maar as hulle doen wat verkeerd is in my oë deur na
my stem nie te luister nie, dan sal Ek berou hê oor die goeie
waarmee Ek gesê het dat Ek aan hulle goed sal doen.
Jer. 26:3  Miskien sal hulle luister en hulle bekeer elkeen van sy
verkeerde weg; dan sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van
plan is om hulle aan te doen weens die boosheid van hulle
handelinge.
Matt 7:24  Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en
dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy
huis op die rots gebou het.
GETUIENISSE en TERUGVOER
MF Getuig:
Ek het ‘n tydjie gelede gevra vir gebed vir my skoonseun wat uit
die bloute verplaas is Kaapstad toe.  My dogter het probeer om
oor te plaas en hy het probeer om terug te kom, maar niks wou
uitwerk nie.  Ek het gebid en almal gevra vir gebed.  In die
tussentyd het ek ‘n “teaching” bygewoon waar daar vir ons vertel
is dat ons nie net moet vra nie, maar moet begin dankie sê nog
voordat ons gebede verhoor is en dat ons ook die positiewe
dinge moet uitspreek en nie net daaraan dink nie, want daar is
krag in woorde ook.  Ek het elke oggend oppad werk toe en
weer terug huis toe in die middae (wanneer ek alleen in die
motor was) hardop gesê dat hy sál terugkom en ook dankie
gesê daarvoor.  En raai wat?  Hy het Vrydagmiddag gehoor hy
kom terug.  Prys die Here daarvoor, ek kan nie genoeg dankie
sê nie.  Dankie my Vader, baie, baie dankie.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 2 Oktober 2014
Veels geluk met jou verjaarsdag! Mag dit ‘n wonderlike dag vol
genade wees
Lealani Barth 2 Oktober
Spesiale geluk aan julle tweetjies :
Huweliksherdenking Walter en Simoné Muller  3 jaar getroud
Jy kan ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:


Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadresmet “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.


DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKSontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
gebruik net die epos adres:
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.


Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 95 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *