Joh 1V5 ~ Hy is die LIG

Maandag 27 Okt. 2014 Tema: Hy is die Lig 1
****My eie woorde
****Johannes is gestuur om te vertel van die ware Lig wat sou
kom nl. Jesus. Jesus het gekom om die donker te kom verdryf.
Tog het Sy eie mense Hom nie herken nie ….toe kry ek en jy ‘n
beurt. Die vraag is erken ek en jy Hom of loop ons maar
dieselfde pad as die Jode van destyds. Dis ons voorreg
AS ons Hom aanneem ….DAN word ons Sy kinders AS jy in Sy
Naam GLO. Dit gebeur nie outomaties by jou geboorte en
opvoeding nie…ek en jy moet Hom kies . Moontlik is daar
vanoggend iemand wat Hom lank terug gekies het maar so
stadigaan weggedraai het. Vanda gis jou kans om opnuut na
Hom toe terug te draai .
Joh 1V5
 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie
oorweldig nie.  6  Daar was ‘n man van God gestuur, wie se
naam Johannes was.  7  Hy het tot ‘n getuienis gekom om van
die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.  8  Hy was nie
die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.  9  Die waaragtige
lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.  10  Hy was
in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die
wêreld het Hom nie geken nie.  11  Hy het na Sy eiendom
gekom, en Sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.  12 
maar almal wat hom aangeneem het, aan hulle het Hy
mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in Sy
naam glo;
GETUIENISSE en TERUGVOER
***** Baie dankie vir al die gebedsversoeke. Laat ons in geloof
aan die HERE vashou totdat Hy uitkoms stuur.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 27 Oktober 2014
Hartlik geluk aan diegene wat vandag verjaar. Mag die Here jou
ryklik seën volgens Sy wil en wete tot eer van Sy Heilige Naam.
Geniet jou spesiale dag vandag!
Cilna le Roux 27 Okt
Jy kan ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:

 


 

Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadresmet “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.

 


 

DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKSontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
gebruik net die epos adres:
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.

 


 

 

Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 49 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *